Thursday 30 June 2011

Krismisrose / Hydrangea Hortensia

Al ooit gesit en wonder hoe kry jy die blomkleure van krismisrose na jou sin (pienk of blou)?  Somtyds is die verduidelikings nogal deurmekaar, so kom ek probeer dit vir ons almal maklik maak.
Blom kleur word beinvloed deur die grond:  
1)      Suurgrond gee donkerblou blomme - Dit kan aangehelp word deur Shake and Grow Blue toe te dien of eierdoppe in die grond te werk.
2)      Alkaliese grond  gee pienk/rooi blomme - Dit kan aangehelp word deur Shake and Grow Pink of landboukalk toe te dien.
Onthou net dat die grond toestand nie “oornag” verander kan word nie, so begin dus reeds in die winter maande met jou toediening.  (Wit blomme se kleur kan nie verander word na pienk of blou nie.)
Krismisrose groei goed in toestande waar hul oggend son en middag skadu kry of andersins heeldag gedeeltelike skadu.  
Die nuwe ‘Endless Summer’ sal omtrent in enige tiepe grond groei en blom herhaaldelik deur die somer.  Daar is so baie soorte, maar jou plaaslike kwekery behoort die soorte in voorraad te hê wat die maklikste in jou omgewing sal groei.