Thursday 30 June 2011

Oulike dekor idee

As daar nou een mens is wat HEELTEMAL verstaan waarvan ek hou, is dit Sarah Richardson.  Kyk hierdie oulike idee waarmee sy vorendag gekom het.  Loer in 'n tweedehandse winkel of op enige plek waar jy goedkoop kleinbordjies kan raakloop met 'n mooi motief.  Dalk is daar 'n paar kleinbordjies in jou kas wat jy as geskenk gekry het of wat oor is van 'n ou stel wat nie meer voledig is nie.  As dit inpas by jou kleurskema, raam dit soos sy gemaak het hier op die foto en siedaar, goedkoop en pragtige dekor vir jou sitkamer of enige vertrek in die huis.