Tuesday 28 June 2011

Gebakte sitruspoeding met ’n brûlée-bolaag















Benodig:  (vir 4-6 mense)
2 koppies melk
 ½ koppie suiker
skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
1 kaneelstokkie
2 eiers plus 2 eiergele
4 eetlepels fyn koekiekrummels
knippie sout
fyn kaneel om oor te strooi
strooisuiker vir die bolaag

Só maak jy

Gooi die melk in ’n kastrolletjie saam met die suiker, sitrusskil en kaneelstokkie.  Verhit  tot kookpunt, haal van die plaat af en laat dit vir 30 min eenkant trek. Gooi die melk deur ’n sif.

Voorverhit die oond tot 150ºC. Klits die eiers goed en klits dit dan by die melkmengsel. Gooi die koekiekrummels en sout by.

Gooi die mengsel in ’n gesmeerde oondbak van om-trent 1 liter en strooi die fyn kaneel bo-oor. Sit die bak in ’n oondpan vol kookwater en bak dit dan vir om­trent 45 minute.

Om die brûlée-bolaag te maak sprinkel jy ’n laag strooisuiker van omtrent 3mm dik oor die hele poeding. Voorverhit die roosterelement en sit die poeding so na as moontlik aan die element totdat die suiker smelt. Laat dit afkoel.

Sit die poeding voor met geklopte room of roomys.

(resep uit Weg Tydskrif)