Tuesday 28 June 2011

Boontjie kuns

Hier is nog 'n oulike idee om die kinders hierdie vakansie binne die huis besig te hou asook sommer 'n oulike dekor idee:  Boontjie mosaiek.

Gee vir die kinders verskillende soorte boontjies en kleurlose stokperdjie gom.  Hulle kan met 'n potlood eers die buitelyne trek en dan die boontjies plak.  So maklik soos dit.

Dit maak die aller oulikste geraamde kunswerke vir 'n trotse mamma se kombuis of onthaal area.