Friday 27 May 2011

Vinnige groentesop





















(4 porsies)

•20 ml olyfolie
•150 g klein wortelblokkies (koop bevrore)
•4 klein preie, in dun skywe gesny
•1 aartappel, geskil en in klein blokkies gesny
•1 knoffelhuisie, fyngekap
•2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
•500 ml groente-aftreksel
•2 blikke (400 g elk) borlotti-bone, gedreineer
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•50 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit olyfolie in 'n diep kastrol. Voeg wortels en preie by. Braai vir sowat 2 minute. Voeg res van bestanddele by (behalwe die kaas) en geur met sout en swartpeper. Laat oop prut totdat groente sag is. Gebruik 'n aartappeldrukker en druk sop effens fyn sodat van die bone dit lekker dik maak. Sit voor met gerasperde pecorino-kaas.

Wenk: As jy lus is vir 'n bietjie vleis, kan jy 'n gerookte kasslertjop in blokkies sny en saam met die wortels en preie braai.