Friday 27 May 2011

Ligte groente-noedelsop




















Hiervan sal jy meer as een bord wil eet!

(4 porsies)

•30 ml olyfolie
•1 ui, fyngekap
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•3 wortels, in klein blokkies gesny
•4 aartappels, in klein blokkies gesny
•1 lourierblaar
•150 g vars groenbone, in sowat 1 cm-stukke gesny
•500 ml groente-aftreksel
•1½ liter kookwater
•3 tamaties, met skil en pitte verwyder
•4 murgpampoentjies, in klein blokkies gesny
•1 blik pitmielies
•200 ml alfabetpasta
•150 g bevrore ertjies
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die wortels by en braai vir so 10 minute. Voeg die aartappels, lourierblaar, groenbone, aftreksel en kookwater by. Prut vir 10 minute. Voeg die tamaties, murgpampoentjies, mielies en alfabetpasta by. Kook vir 10 minute. Voeg die bevrore ertjies by en kook vir nog 5 minute. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met roosterbrood.