Thursday 26 May 2011

Sjokoladeblokkies

















200 g gebreekte Marie beskuitjies
500 g gesifte versiersuiker
1 eier
250 g margarien
75 ml gesifte kakao

Mikrogolf margarien ± 1 1/2 min oop op 100 % tot gesmelt.

Sif droë bestanddele saam en roer by. Klits die eier en voeg by.

Mikrogolf ± 2 min oop op 100 %. Roer die gebreekte koekies by.

Gooi in gesmeerde pan. Laat afkoel en sny in blokke.