Thursday 26 May 2011

Neutbolletjies












Dié Midde-Oosterse koekies bevat geen botter of meel nie, maar wel baie neute en droëappelkose wat hulle lekker taaierig maak.

Jy benodig (vir 24 bolletjies):

2 pakke (van 100 g elk) fyn amandels
1 ½ koppie versiersuiker
½ teelepel vanieljegeursel
½ teelepel amandelgeursel
1 eierwit, effens geklits
1 pakkie (100g) pistasie- of okkerneute, grofgekap
24 droëappelkose, fyngekap ekstra versiersuiker of klapper

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ’n bakplaat liggies met botter.

Meng die amandels en versiersuiker. Voeg die vanielje- en amandelgeursels en die eierwit by en meng goed. Voeg die neute en die appelkose by en meng deur.

Vorm die mengsel in balletjies en bak sowat 15 minute tot goudbruin. Die bolletjies sal effens uitswel.

Vorm weer in ronde bolletjies tussen twee teelepels. Rol in die versiersuiker (of klapper) terwyl dit nog warm is.