Friday 27 May 2011

Hoender-pastasop





















My ma het altyd geglo 'n lekker bak hoendersop kan enige siekte vinnig reg sien.
(6 - 8 porsies)

•30 ml sonneblomolie
•2 uie, gekap
•3 wortels, in skywe gesny
•3 selderystingels, in skywe gesny
•1 heel hoender
•2 liter hoenderaftreksel
•sowat 750 ml koue water
•5 takkies vars pietersielie
•3 ml droë tiemie
•1 lourierblaar
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•250 ml kort pasta
•gekapte pierersielie om boop te sprinkel

Verhit olie in 'n groot kastrol en braai die uie, wortels en seldery oor 'n lae hitte tot sag. Sny die hoender in stukke en voeg by die groente, saam met die hoenderaftreksel. Voeg net genoeg water by tot dit die hoenderstukke bedek. Bring tot kookpunt en skep enige skuim af wat bo-op vorm. Voeg die pietersielie, tiemie en lourierblaar by. Verlaag die hitte en laat oop prut vir 2 uur. Haal die hoender en die kruie uit. Verwyder vel en bene van hoender. Laat sop afkook vir 1 uur. Voeg hoendervleis saam met die pasta terug by die sop en kook tot die pasta gaar en sag is. Voeg nog water by as jy voel die sop is te dik.