Friday 27 May 2011

Planne teen goggas in jou groentetuin


'n Oulike manier om goggas weg te hou van jong saailinge is om leë plastiek koeldrank bottels se koppe af te sny en hul dan onderstebo bo-oor die plantjie in die grond te druk.  Dit sal jou plantjie beskerm tot hul groot genoeg is om op hul eie te veg.

Hier is ‘n paar ander plant-idees om in gedagte te hou wanneer jy jou groentetuin beplan:

·         Marigolds (Afrikaners & Gousblomme) lok insekte weg van die sappige groente en kan in die groentetuin geplant word beide vir versiering en ook om jou plantjies veilig te hou.  Hul wortelstelsel skei ook ‘n stof af wat skadelike klein mikro-wurmpies in die grond doodmaak wat andersins sou floreer op tamaties, aartappels, rose en strawberries. Dit beveg ook aalwurms en kan jy die plantjies, wanneer hulle klaar geblom het, omspit in die grond.
·         Ment hou miere weg, maar kan ‘n tuin maklik oorneem, so hou dit maar onder beheer of plant dit in potte wat jy sink in die grond.
·         Roosmaryn verdryf wortelvlieg en motte.
·         Chives (grasui) hou plantluise weg en help teen swartroes (blackspot) op rose.
·         Plant knoffel onder vrugtebome en oral in die groentetuin om ook goggos weg te hou.  Sal help om vrugtevlieg by vrugtebome af te weer.

Vir die kombuisvenster:
·         Basil hou vlieë en miskiete weg.

Addisionele inligting ontvang van ‘n Facebook geselsvriendin (Adele):
·        Alyssum:  They help with attracting parasitic wasps which are great for eliminating a lot of destructive worm species, i.e. tomato horn worm, corn earworm etc.
·         Morning Glory:  This plant is a great source for attracting a number of hovering flies and ladybugs. Stick with an annual, vining species, because as a perennial it could get overgrown. Morning glory is available at most home and garden centers for a few bucks.
·         Goldenrod:  Goldenrods are a genus of about 100 different species of flowers in the Asteraceae family. Stick with an annual species that would be considered native to your area. Remember if the plant is native to your area, it is more likely to attract beneficials.
·         Yarrow:  Also in the Asteraceae family, Yarrow works well to attract ladybugs, hoverflies and parasitic wasps. Not only is it good for attracting beneficials, but Yarrow has been shown to help combat soil erosion since it is resistant to drought.

*** Morning Glory (Purperwinde) en Yarrow (Duisendblad) lok Ladybirds (Lieweheersbesies).  Ladybirds kan tonne plantluise verorber, so dis baie voordelig om hul in jou tuin te hê.