Friday 7 September 2018

smaaklike souttertjies



DIÉ resep lewer 12 smaaklike souttertjies.
Bestanddele:
Souttertkors:
250 ml koekmeel
sout
2,5 ml rooipeper
125 g koue botter
500 ml cheddarkaas, fyn gerasper
Witsous:
50 ml botter
50 ml koekmeel
500 ml volroommelk, warm
Souttertvulsel (apart gebak):
180 g repies spekvleis, fyn gekap
30 ml fyngekapte ui
3 eiers + 1 ekstra eiergeel, geklits
330 ml sterk cheddarkaas, gerasper
3 Weense worsies, in dun ringe en verder in kwarte gesny
10 ml pietersielie, fyn gekap
Metode:
Souttertkors:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Sif die meel, sout en rooipeper saam. Rasper die botter by en voeg die gerasperde cheddarkaas by. Meng deurmekaar.
3. Voer die holtes van ’n 12-holte-kolwyntjiepan of mini-muffinpan uit met die deeg (daar kan dalk deeg oorbly).
4. Bak die doppies leeg vir 15 minute of tot goudbruin en gaar.
Witsous:
1. Smelt die botter in ’n medium kastrol.
2. Voeg die meel by en roer. Voeg die warm melk by en roer tot die witsous sonder klonte en gaar is.
Vulsel (apart gebak):
1. Braai die spekvleis en ui in ’n pan tot gaar.
2. Roer dit saam met die res van die vulselbestand­dele by die witsous in. Geur met sout en peper na smaak.
3. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 16 x 25 cm-oondbak en bak teen 180 °C tot gaar en gestol, sowat 35-40 minute. Laat dit afkoel.
Druk of sny vormpies uit die souttert en plaas dit op die doppies. Versier met mikro-uie of ertjielote uit die tuin.