Friday 7 September 2018

murgpampoentjie-muffins



Tannie Baby van Bloem se murgpampoentjie-muffins
200 g murgpampoentjie
1 k kaas
200 g spek
1 ui
1 blik pitmielies
5 ml fyn knoffel
1 k koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout
6 eiers
Kruiebotter:
125 ml sagte botter
30 ml vars basiliekruid
30 ml vars pietersielie
varsgemaalde peper
Metode
1.Voorverhit die oond teen 180°C.
2.Braai ui en knoffel in olie tot sag. Skep uit en hou eenkant
3.Braai spek tot bros. Laat afkoel
4.Rasper murgpampoentjies aan growwe kant.
5.Meng murgpampoentjies, kaas, spek, uie en mielies saam.
6.Roer droë bestandele by.
7.Roer eiers by, maar moenie te veel roer nie.
8.Skep in gesmeerde muffinpanne of groot oondbak.
9.Bak muffins vir 20 min en tert vir uur of tot toetspen skoon uitkom.
Vir die kruiebotter:
1.Meng alles saam en bedien met muffins. Bêre in yskas.