Friday 7 September 2018

Mexikaanse eierkoppies



Mexikaanse eierkoppies
1 ui
300 g maalvleis
5 ml fyn komyn
5 ml fyn koljander
sout
peper
1 blik tamatie- en brandrissie-smoor
1 blik rooibone
5 tortillas wraps
8 eiers
125 ml cheddarkaas
Metode
1.Voorverhit oond teen 180 °C.
2.Braai ui in bietjie olie, skep uit en hou eenkant.
3.Braai maalvleis tot goudbruin. Gooi geurmiddels by en braai verder.
4.Giet tamatie- en brandrissie-smoor en rooibone by, laat kook tot effens verdik.
5.Sny tortilla in kleiner sirkels en druk vas in gesmeerde muffinpanne.
6.Skep 2 eetlepels van die maalvleis-mengsel in koppie. Maak ‘n holte met lepel.
7.Breek eier in holte. Bak vir 15 tot 20 minute of tot eier gaar is tot jou voorkeur. Strooi kaas oor tydens laaste 5 minute van bak.