Thursday 20 September 2018

KEBABS MET PEPPADEWS



KEBABS MET PEPPADEWS
Bestanddele:-
350 g varkvleisblokkies (uit boud gesny), 25 mm dik
1 medium soetrissie, ontpit, in 25 mm blokkies gesny
200 g ingemaakte peppadews in stroop (sowat 18)
6 piekeluie, geskil en gehalveer
BEDRUIPSOUS:-
80 ml stroop van ingemaakte peppadews
10 ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml ligte bruinsuiker
Metode:-
Ryg die varkvleis om die beurt met soetrissie, uie en peppadews op die penne.
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous.
Braai kebabs 15-20 minute oor matige kole, keer gereeld om en bedruip met sous tot gaar.
Jy kan die peppadews vervang met stukkie greenpepper/uie/droë perskes oornag geweek in rooibostee.