Thursday 20 September 2018

Herderspastei met basiese maalvleissous



Herderspastei met basiese maalvleissous
• 15 ml (1 e) sonneblomolie
• 1 klein ui, fyn gekap
• 600 g maalvleis
• 1 wortel, gerasper
• 375 ml (1½ k) tamaties, gekap
• 30 ml (2 e) tamatiepuree
• 15 ml (1 e) Worcestershire-sous
• 125 ml (½ k) hoenderaftreksel
• 250 ml (1 k) bevrore ertjies
• ’n hand vol gekapte pietersielie

Kapokaartappelbolaag
• 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
• 80 ml melk
• 30 g (3 e) botter
• 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
• gerasperde neutmuskaat

1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte.
2 Voeg die ui by en soteer vir 1-2 min. of tot sag.
3 Voeg die maalvleis by en soteer vir 5 min. of tot die vleis bruin is en breek moontlike klonte met ’n houtlepel.
4 Voeg die wortel, tamaties, puree, Worcestershire-sous en hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte. Laat prut vir 10 min. of tot die mengsel effens begin verdik.
5 Kook intussen die aartappels sag en geur met sout. Roer die ertjies en pietersielie by. Haal van die hitte af en hou eenkant.

Kapokaartappelbolaag
1 Dreineer die aartappels en sit terug in die kastrol.
2 Voeg die melk, botter en 2/3 van die kaas by en druk fyn.
3 Geur met neutmuskaat. Verhit die oondrooster.
4 Sit die maalvleis in 4 oondvaste bakkies met ’n inhoudsmaat van ±250 ml (1 k), skep die kapokaartappels bo-oor en strooi die oorblywende kaas oor.
5 Sit die bakkies op ’n bakplaat en sit vir 4-5 min. in die oond of tot die kaas gesmelt en goudkleurig is.