Friday 14 September 2018

Gevormde groenteslaai



Gevormde groenteslaai
Genoeg vir 6
•38 ml (2½ e) poeiergelatien
•375 ml (1½ k) geblikte pynappelblokkies
•500 ml (2 k) water
•125 ml (½ k) suiker
•375 ml (1½ k) gaar ertjies
•250 ml (1 k) fyn gekapte seldery
•sout en gemaalde swartpeper
•30 ml (2 e) asyn
•2 hardgekookte eiers, afgedop
1.Spoel ’n 2 liter-ringvorm met koue water uit.
2.Gooi 60 ml (¼ k) water oor die gelatien en laat spons vir 5 min.
3.Kook die pynappel, water en suiker vir 5 min. Haal van die hitte af en roer die gesponste gelatien by tot opgelos. Laat afkoel.
4.Meng die ertjies, seldery en asyn deur die pynappel. Geur na smaak.
5.Sny die eiers in ringe en pak onder in die vorm. Skep die res van die mengsel versigtig bo-op sodat die eiers onder bly. Laat stol vir 3 uur of oornag.
6.Keer op ’n dienbord uit.
(RooiRose)