Tuesday 28 August 2018

Worsrolle



Worsrolle
2 velle (500 g) bereide skilferkorsdeeg, ontvries
30 ml (1 e) heelkorrelmosterd
600 g boerewors, in 4 stukke gesny
1 eier, geklits...

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Sny elke vel deeg middeldeur. Smeer met heelkorrelmosterd en laat ’n rand van 2 cm.
3 Verwyder die omhulsel van die wors en plaas die vleis van een worsstuk langs die lang kant van een van die deegstukke. Rol die deeg oor die vleis, knyp die kante om dit te verseël en verf dit dan met die eier. Herhaal met die oorblywende deeg en worsvleis.
4 Verplaas na die bakplaat en bak 20 minute of tot die deeg pofferig en die vleis gaar is.