Tuesday 28 August 2018

Maklike spaghetti bolognese



Maklike spaghetti bolognese
Bestanddele
15 ml olyfolie
1 ui, fyn gesny
3 knoffelhuisies, fyngekap...
800 g beesmaalvleis (as jy nog oorskiet wil hê kan jy tot 1.5 kg maalvleis gebruik)
vleisspeserye (Ina Paarman se “meat spice” werk goed)
2 blikkies tamatie- en uie-mengsel
200 – 400 g sampioene, gesny
50 g tamatiepuree
bietjie rooiwyn (in jou glas en vir die kos)
15 ml Worcester-sauce
15 ml blatjang
gemengde speserye (Ina Paarman se mixed Italian herbs and garlic werk goed)
origanum, pietersielie en roosmaryn na smaak
sout en swartpeper na smaak
spaghetti, gaargemaak en gedreineer

Metode
1.Maak die olie in ’n groot kastrol warm. Sodra dit warm is, braai die uie, knoffel en die helfte van die sampioene tot die uie deurskynenend word, dit behoort so 3 tot 4 minute te neem.
2.Hou die plaat op ’n hoë hitte en voeg die ontdooide maalvleis by. Sprinkel die swart peper en die speserye oor die vleis en roer goed. Terwyl jy die maalvleis gaarmaak, voeg die Worcester-sous, blatjang en rooiwyn by. Maak seker om goed te roer sodat die vleis nie aanbrand nie.
3.Sodra die maalvleis gaar is en die vloeistof weggekook is, gooi die twee blikkies tamatie- en uie- mengsel asook die tamatiepuree by. Indien jy die resep bietjie wil aanpas kan jy ook opgesnyde wortelstukkies of ertjies byvoeg.
4.Sodra die mengsel begin borrel, verlaag die plaat se hitte, sodat dit lekker prut en die bestanddele gesels en mekaar beter leer ken. Voeg die oorblywende sampioene by. Roer elke 10 minute goed deur en laat dit vir 30 minute prut.
5.Maak die spaghetti gaar soos op die verpakking aangedui en maak dit in ’n aparte pot. Laat dit dreineer en afkoel.
6.Sodra die bolognese mengsel gereed is, kan dit bo-op die spaghetti bedien word. Sprinkel vars pietersielie oor en sit saam met rooiwyn voor. Indien jy baie van kaas hou kan jy gerasperde cheddar of parmesaan ook oorstrooi.

En voila! As daar baie bolognese oorbly, kan dit gevries word vir ’n aand waar jy te lui is om kos te maak, of vir wanneer die kinders in die middag iets soek om te eet. Dit is ook lekker op ’n roosterbroodjie saam met ontbyt.