Tuesday 28 August 2018

Maklike korma-hoender



Maklike korma-hoender

Bestanddele

1 pak ontbeende hoenderdye, of 6-8 hoenderorsies, in repe gesny....
2 - 3 eetlepels botter
2 eetlepels korma-speserye
2 teelepels spesery vir rys
1 pakkie ontkiemde slaaisaad (dis NIE bean-sprouts nie, maar die kekerertjies en groter sade in pakkies by die groente-afdeling vir slaai)
6 - 8 eetlepels dubbelduk volroom gewone joghurt (Griekse joghurt werk die beste, maar jy kan dit vervang met 'n blikkie kokosneutroom of roomkaas)


Metode

Braai die hoederstukkies in die botter.
Sodra dit begin bruin word, voeg die korma- en rysspeserye by, en braai nog so paar minute.
Voeg die joghurt by en meng goed deur.
Laat dit prut tot die vog verdamp het en die olie agterbly.
Gooi die ontkiemde slaaisaad by en prut nog so 3 minute.
Bedien op basmati-rys.
Dit werk ook goed saam met pampoen en roomspinasie.

(RSG)