Wednesday 8 August 2018

Luiman Pizza



Luiman Pizza
6x Snye brood, klaar gesny
Verf die brood albeikante met olyfolie. Verf is beter as bedruip.
Smeer Sweet Chilli Sous lagie.
Nou so bietjie tamatiesous.
Pak gesnipperde wors ... enige peprosesserde wors is goed en selfs braaivleis oorskiet werk.
So paar stukkies mozzarella kaas
Gekerfde tamatie
Gekerfde pickel ui.
Bedek met gerasperde kaas.
Sprinkel nou origanum en mixed Italian Spice oor.
Ek gooi ook so bietjie chilli flakes.
Pak in plat bakpan.
Oond op 180 C en hou maar dop. Jy soek die brood krakerige gebak aan die onder kant.
PS ... gebruik bykans alles wat uit bottels uit kom in yskas of koskas. Niks fancy verwerking nie behalwe om goeters te kerf. Moenie die broodjies te dik pack nie, hou dit skraal vir die beste resultate.
Hierdie Luiman Pzzas is blitsvinnig om te maak en lekker om te eet. Moenie bang wees vir die oond nie ... jy kan hom sommer na 200 C toe stoot ... dan crisp die brood vinnig onder en die kaas smelt lekker.
Dis nou regtig Luiman Kos die ... want jy kan ou brood gebruik en oorskiet kos.
(.Colyn Serfontein)