Tuesday 28 August 2018

Lekkerste karringmelkskons



Lekkerste karringmelkskons

Bestanddele
4 k veeldoelige meel
5 t bakpoeier...
1 e suiker
1 t koeksoda
¾ t sout
½ k botter, opgesny en koud
1 ½ k laevet-karringmelk
3 e botter, gesmelt


Aanwysings

1. Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Pols die meel, bakpoeier, suiker, koeksoda en sout in ’n voedselverwerker tot gemeng. Voeg die koue botter by; pols totdat dit soos growwe broodkrummels lyk. Keer die meelmengsel in ’n groot bak uit. Roer die karringmelk by totdat die deeg net ’n bal begin vorm.

2. Plaas die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel besprinkel is; knie tot net glad (6 tot 8 keer). Besprinkel ’n deegroller met meel en rol die deeg tot 1,5 cm-dikte uit. Besprinkel ’n 6 cm-koekiedrukker met meel en druk die skons uit sonder om die drukker te draai. Skep die skons met ’n breë spatel op die voorbereide plaat met 2,5 cm tussen elkeen.

3. Druk die oorblywende deeg liggies saam. Rol dit weer uit en druk nog skons uit. Verf die bokante met gesmelte botter. Bak vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin. Sit warm voor