Tuesday 28 August 2018

INDIESE KOOL ROERBRAAI





INDIESE KOOL ROERBRAAI
1 koppie groen kool, fyn gekerf
3 T botter
150 g bees maalvleis
¼ t sout
¼ t uie poeir
¼ t gemaalde swart peper
¼ E asyn
¼ E rooi kerriepasta
2 E ui, fyn gekap
½ huisie knoffel, gekneus
2 E vars koriander
1 E mayonnaise

Braai die kool in die helfte van die botter in 'n kleefvrye pan op medium hoë hitte totdat dit sag is. Voeg die speserye en die asyn by. Soteer tot geurig. Plaas die kool in 'n bak en hou eenkant. Smelt die res van die botter in dieselfde pan. Voeg knoffel, ui en kerriepasta by. Soteer vir 1 minuut. Voeg gemaalde vleis by en soteer tot die vleis gaar is en die meeste vloeistof verdamp het. Verlaag die hitte en voeg die kool terug in die pan. Roer tot alles regdeur warm is. Geur met sout en peper na smaak. Garneer met vars koriander en 'n eetlepel vol mayonnaise.

Porsies: 1
Netto Koolhidrate (per porsie): 6.1g
Fase: 1+
Kategorie: aandete, ligte maaltyd