Tuesday, 14 August 2018

EENPAN KAASWORS PASTA



EENPAN KAASWORS PASTA
Vir 4
JY BENODIG:
1 eetlepel botter
400 g kaaswors, in wieletjies gesny
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 koppies hoenderaftreksel
1 blikkie (410 g) Koo Mexican Diced Tomatoes
½ koppie room
250 g skroefiepasta
sout en peper na smaak
1 koppie cheddarkaas, gerasper
SO MAAK JY:
Braai die wors en uie saam in botter in ’n diep pan of swaarboompot vir 5 minute.
Voeg die knoffel, aftreksel en tamaties by en bring tot kookpunt.
Voeg die pasta by, sit die deksel op en verminder die hitte sodat die gereg vir 10-15 minute prut.
Geur die pasta na smaak met sout en peper, en sprinkel die kaas bo-oor.

No comments:

Post a Comment