Wednesday 8 August 2018

BOTTERSKORSIE MAC EN KAAS




BOTTERSKORSIE MAC EN KAAS
Bestanddele:
2 medium grootte botterskorsies
200g gaar macaroni penne of macaroni van jou keuse
250g gladde maaskaas
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
1 eetlepel meel
2 eetlepels botter
1 eier
sout na smaak
Metode:
Kook, stoom of mikrogolf die botterskorsies tot baie sag en maak dit fyn tot ‘n slap pasta. (Verwyder die skil en pitte) Terwyl op lae hitte, roer die maaskaas, botter, meel en ‘n kwart van die Cheddarkaas by die fyn pampoen, en laat prut vir ‘n minuut of twee terwyl aanmekaar geroer word. Haal van die hitte af, wag ‘n minuut of twee en roer die eier by die mengsel in. Voeg laastens die gaar en goed gedreineerde macaroni by en roer weer goed deurmekaar.
Skep helfte van die mengsel in ‘n oondbak en strooi helfte van die oorblywende kaas daaroor. Volg op met die oorblywende mengsel en bo-op dit die laaste kaas. Bak vir ongeveer 20 minute by 200ºC tot borrelend en die kaas bo-op begin bruin verkleur.