Wednesday 8 August 2018

Boerpastei



Boerpastei
Bestanddele:
olyfolie om mee te braai
250g maalvleis
1 prei, fyngesny
2 wortels, grofgerasper
1 knoffelhuisie, gekneus
100g knopiesampioene, in blokkies gesny
Halwe blik rooi nierbone
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
5ml gedroogde gemengde kruie
200ml water
4-6 middelslag-patats, afgeskil en in blokkies gesny
60ml melk
15ml botter
Metode:
Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die maalvleis daarin totdat dit verbruin. Hou eenkant. Braai die prei en wortels in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die knoffel en sampioene by en braai vir nog ongeveer 5 minute. Voeg die bone, tamaties en kruie by en roer goed. Voeg die water en maalvleis by. Laat kook en verlaag die hitte sodat die mengsel vir 35 minute prut en die sous verdik. Verhit die oond tot 180 grade. Kook intussen die patats in ’n aparte kastrol tot sag. Dreineer, voeg die melk en botter by en maak kapokpatat. Skep die maalvleis in ’n oond-vaste bak. Skep die kapok bo-op en bak in die oond vir 30 minute.