Tuesday 24 July 2018

VINNIGE EIER MUFFINS



VINNIGE EIER MUFFINS
Die resep lewer 6 muffins, maar dit kan maklik verdubbel (of selfs meer) word vir groter porsies.
Bestanddele
6 eiers
50 g uie, fyn gekap of gerasper
70 g gaar spek (jy kan dit vervang met chorizo worsies of salami)
100 g cheddar kaas, gerasper
15 ml Tuisgemaakte Pesto*, opsioneel
sout en peper na smaak

Metode
Voorverhit die oond tot 175°C.
Smeer/spuit 6 silicon muffin koppies goed en plaas op ‘n rolkoekpan.
Meng die uie en spek saam in ‘n mengbak.
Klits die eiers saam met die pesto en geur na smaak.
Voeg die kaas by en roer deur.
Voeg nou die spek en uie by.
Verdeel die mengsel tussen die muffin koppies en bak vir 15-20 minute, of tot geset en goudbruin bo.