Tuesday 24 July 2018

Tamatiesmoor



Tamatiesmoor
Bestanddele:
15 ml (1 e) olie
2 uie, fyn gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier...
5 ml (1 t) paprika
400 g blik gekapte tamaties
250 ml (1 k) water
1 blokkie beesvleisaftreksel
15 ml (1 e) tamatiepasta
400 g boerewors, gerooster
6 worsbroodjies
’n hand vol koljander vir garnering
Metode:
1. Verbruin die uie tot sag in ’n pan met verhitte olie.
2. Voeg die kerriepoeier en paprika by en braai 2 minute terwyl jy aanhoudend roer.
3. Voeg die tamaties en water by en bring tot kookpunt.
4. Voeg die blokkie beesvleisaftreksel by, verminder die hitte en laat prut 5 minute.
5. Voeg die tamatiepasta by en laat prut 10 minute terwyl jy aanhoudend roer tot verdik.
**Sit die pikante tamatiesmoor voor saam met ’n boereworsrolletjie en garneer met koljander

 - Huisgenoot