Friday 6 July 2018

Soya kerrie mince en groente



Marietjie Prinsloo Nel se Soya kerrie mince en groente:
1 boksie savory soya mince. (ek koop die klein een ons is net 2 mense).
Uie, green peper, 1 knoffel huisie 1 tamatie geskil,aartapel blokkies, wortel blokkies en 'n bietjie gevriesde ertjies.
Ek gooi die soya Mince in 'n maatbeker met so 400ml kook water en laat hom staan terwyl ek die uie, green peper, knoffel en tamatie bietjie braai. Dan voeg ek die ander groente by die uie mengsel voeg bietjie sout met bietjie water. Kook tot gaar, maar nie pap nie. As dit gaar is is die soya al goed uitgeswel en het al die water omtrent geabsorbeer. Dan meng ek die groente en soya met mekaar, asook 'n klein blikkie fyn pynappel. Ek gebruik 'n mengsel van kerrie poeier, borrie, knippie fyn naeltjies fyn gemmer, meng met appelkoos konfyt en bietjie druiwe asyn. Kook vinnig deur. Roer aanhoudend, want die soya brand maklik aan. My man hou van soet kerrie, so ek gooi suiker na gelang van smaak by. Bedien met rys, piesang skywe en klapper.
Tamatie bredie met soya chunks:
Ek gooi weereens die chunks in kookwater, tot dat dit sag is. Intussen braai ek uie, green peper en knoffel. Kook aartappel stukkies sag saam met uiemengsel. As dit amper gaar is gooi ek so 2 sakkies tamatie paste by en 'n blik tamatie en uie smoor. Gooi soya chunks by prut op lae hitte. Speserye wat ek gebruik is sout, peper, fyn gemmer, en 'n teelepel vol gemengde kruie. Bedien met koring of stamp mielies.