Tuesday, 24 July 2018

Sondag Sjokolade Poeding in Prutpot



Sondag Sjokolade Poeding in Prutpot

Roer alles saam in mengbak:
1 en driekwart k suiker
1 k bruismeel...
1/2 koppie gesmelte botter
4 groot geklitste eiers
1/3 ( ʼn derde koppie) k kakao poeier
2 t kits koffie poeier
1 t fyn kaneel
1/3 t sout
2 t vanilla geursel

As deeg baie styf, roer 2 E melk by. Skep deeg in gesmeerde prutpot en maak toe. Laat vir 2 tot 2 en half ure op "Low".

As gaar, sal dit nog sag wees in middel. Laat nog 30 minute toe staan na jy die pot afgeskakel het.

Bedien met sjokoladesous, vla of roomys




No comments:

Post a Comment