Tuesday 24 July 2018

SJOKOLADE MALVALEKKER KOEKSTRUIF



SJOKOLADE MALVALEKKER KOEKSTRUIF

Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute...
Verkoeltyd: 4 uur

250 g brosbroodkoekies
100 g botter, gesmelt
200 g donkersjokolade
80 ml (? k) dikroom
350 g wit malvalekkers
60 ml (¼ k) melk
85 g (1 pakkie) koejawel- of lemoenjellie

METODE
1 Smeer ’n vierkantige bakpan van 20 cm. Verwerk die koekies in ’n voedselverwerker tot fyn. Giet die botter in en verwerk tot goed gemeng. Druk die mengsel op die bodem van die bakpan vas en verkoel in die yskas.
2 Smelt die sjokolade in ’n hittebestande bak oor pruttende water terwyl jy seker maak die bak raak nie aan die water nie. Roer die room in en roer tot glad. Giet oor die basis en versprei egalig. Verkoel 1 uur of tot ferm in die yskas.
3 Verhit die malvalekkers en melk in ’n kastrol oor lae hitte terwyl jy elke twee minute roer tot gesmelt en glad. Giet die sjokolade oor en versprei dit egalig met ’n spatel. Verkoel 2 uur of tot geset.
4 Maak die jellie volgens die aanwysings op die verpakking. Verkoel 1 uur of tot geset en skep oor die malvalekkerlaag. Sny in vierkante en sit voor.