Tuesday 24 July 2018

PIEKELUIE



PIEKELUIE
" Al ding met die uie is dat jy geduldig moet wees. Jy moet die werk doen en dan vergeet van hulle vir ten minste 3 na 4 weke. Dan mag jy die heerlik...heid eet. Saam met n kaasbord of in slaai bly die tradisionele piekeluie heerlik".

Bestanddele:
1 kg klein uie
200 g growwe sout
genoeg water om die uie te bedek
3 naeltjies
8 peperkorrels
30 ml pickling spice
20 ml rissievlokkies – opsioneel
750 ml wit druiweasyn
200 ml bruinsuiker
duim grote vars gemmer in repies gesny

Metode:
Skil die uie en sprinkel die growwesout oor en maak toe onder die water, dit moet nou oornag so staan.
Gooi al die res van die bestanddele in ʼn kastrol en verhit vir 20 minute.
Spoel die uie af en plaas in n gesteriliseerde fles.
Gooi die warm asynmengsel oor die uie tot heel bo, verseël en bêre vir ten minste 3 weke.
Ek steriliseer my flesse deur dit op die warmste siklus in my skottelgoedmasjien te was.
Jy kan saam met die uie in die fles vars chillies, suurlemoenskil of suurlemoenblare sit. Dit verleen mooi kleur en gee n lekker smaak.