Friday 6 July 2018

GEROOKTE HOENDER-EN-BROCCOLITERT


GEROOKTE HOENDER-EN-BROCCOLITERT
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
15 ml groente-olie
15 ml botter
1 ui, gekap
250 g gerookte hoender, gekap
250 g broccoli, in blommetjies gebreek
30 ml gekapte pietersielie
500 ml (200 g) gerasperde cheddar
2 groot eiers
250 ml melk
50 ml bruismeel
1. Verhit die olie en botter in ’n pan en soteer die ui vir twee minute tot sag. Voeg die hoender by en maak dit deurwarm. Voeg die broccoli by en roerbraai dit vir twee minute. Haal dit van die plaat af en voeg die pietersielie by.
2. Skep die kaas en hoendermengsel in lae in ’n gesmeerde oondvaste bak.
3. Klop die eiers, melk en meel saam en gooi dit oor die tert. Bak dit in die oond vir 30 minute of tot gestol en goudbruin.
(Idees)