Friday 29 June 2018

WORS-JUWEELTJIE



WORS-JUWEELTJIE
1 ui,fyngekap
1 soetrissie,ontpit en in repies gesny
Kookolie
10 ml kerrie poeier
2 ml borrie
500 ml kookwater
1 blokkie aftreksel
12,5 ml blatjang
5 ml sout
Peper na smaak
300 g rou rys
500 g rou boerewors
1 blik appelkooshelftes
1 blik tamatie-en uiesmoor
Metode
Soteer uie en soetrissie. Voeg kerrie en borrie by en braai effens. Voeg dan blatjang, kookwater waarin die aftreksel blokkie opgelos is, sout, peper en blikkie tamatie-en uiesmoor by en prut vir 2 minute. Sny wors in stukkies en pak in oondvaste bak. Skep die uiemengsel oor en versprei eweredig. Versprei appelkooshelftes oor die wors en giet die sap ook oor. Strooi rys bo-oor. Sit deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond van 200 grade C vir 45 min lank.