Wednesday 13 June 2018

Romerige eiers met botterige roosterbrood



Romerige eiers met botterige roosterbrood
Genoeg vir 6
• botter vir smeer
• 200 g (1 pak) liggies gerookte salm
• hand vol grasuie, fyn gekap + ekstra
• 250 ml (1 k) dubbeldikroom
• 250 ml (1 houer) crème fraîche
• 12 eiers
• sout en gemaalde swartpeper
• 80 ml (1⁄3 k) parmesaan, fyn gerasper
Roosterbroodvingers
6 snye witbrood, korsies afgesny
60 ml (¼ k) botter
Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer 6 x 250 ml- hittebestande bakkies met botter.
1 Skep ewe veel gevlokte salm in elke bakkie. Strooi grasuie oor en verdeel die room en crème fraîche tussen die bakkies.
2 Sit die bakkies in ’n oondpan en gooi kookwater in tot die bakkies halfpad in die water staan.
3 Breek twee eiers in elke bakkie. Geur met sout en peper en strooi die parmesaan oor.
4 Bak die eiers vir 15 min. of tot die eierwitte net gestol en die eiergeel nog loperig is.
5 Maak intussen die roosterbroodvingers deur elke sny brood in 3 repies te sny. Druk met ’n hartjiekoekiedrukker ’n klein hartjie aan die onderkant van elke vinger uit. Braai die vingers vir sowat 1 min. aan elke kant oor matige hitte in die vooraf verhitte botter tot goudbruin en krakerig.
6 Strooi ekstra grasuie oor en sit die gebakte eiers saam met die roosterbroodvingers voor.