Wednesday 13 June 2018

KORSLOSE SOUTTERT - MIKROGOLF




KORSLOSE SOUTTERT - MIKROGOLF
3 eiers
1 ui gerasper
5ml aromat
Sout en peper na smaak
3t pietersielie
375ml meel
500ml melk
500ml gesnipperde ham, polonie en rookworsies
1lt gerasperde cheddarkaas [4 kop]
MAAK DAN SO;
Meng alles goed saam.
Gooi in 1 of 2 gesmeerde tertborde.
Bak op HOOG vir 6 minute elk.
Strooi bietjie gerasperde kaas, paprika en pietersielie bo-oor,
Bak vir nog 30 sekondes op HOOG vir kaas om te smelt.
Bedien warm