Thursday 28 June 2018

HAWERMOUT-STROOPKOEK



HAWERMOUT-STROOPKOEK
BESTANDDELE:
160 ml bruismeel
200 ml hawermout
150 ml olie
100 gram gouestroop
100 ml sagte bruinsuiker
1 ekstra groot eier
60 ml melk
METODE:
Meng die meel en hawermout saam.
Klits die olie, stroop en bruinsuiker, eier en melk saam.
Voeg by die droë bestanddele en klop goed.
Gooi in 'n 20 cm koekpan wat gesmeer is en bak 1 uur lank by 170°C.
Laar afkoel in pan en keer en bêre vir 2 dae in 'n lugdigte houer voor dit gesny word. Voor gesny word kan versiersuiker oor gesit word of jy kan geklopte room opsit en bedien.