Tuesday 5 June 2018

Gebakte Eier



Gebakte Eier
1 Eier
15g / 15ml botter
sout en swartgemaalde vars peper
Smelt die botter in 'n pan, hitte moet matig wees.
Kraak die eier versigtig teen die rand van die pan en breek versigtig in die pan.
Wanneer die eierwit begin stol, skep bietjies van die botter oor die eiergeel.
Maak pan toe met deksel, so word die eierwit gaar en die eiergeel bly sag. Geur met sout en peper. Lig versigtig uit die pan en bedien saam met roosterbrood.