Thursday 21 June 2018

Eiers op tjips



Eiers op tjips
Genoeg vir 2 - 4 persone
1 eetlepel kookolie
1 klein ui, fyngekap
1 brandrissie, fyngekap
1 klein knoffeltoontjie, fyngekap
'n halwe pak (60g) aartappeltjips, in klein stukkies gebreek (kies jou gunstelling geur)

4 eiers
1 avo, in blokkies gesny
2 ryp tamaties, in blokkies gesny
1 eetlepel asyn
sout en peper na smaak
vars rissie na smaak
halwe koppie gerasperde kaas
Spek bros gebraai (opsioneel)
Verhit die olie in 'n pan en braai die ui en brandrissie tot sag en bruin. Voeg die knoffel by en braai dit vir so 'n minuut. Gooi dan die tjips by en braai dit vir so 3 minute.
Maak 4 holtes in die tjips en breek 'n eier in elke holte. Bak die eiers oor 'n matige hitte tot dat dit gaar is soos jy daarvan hou, MAAR passop dat die tjips nie brand nie. Sprinkel die vars rissie en kaas bo-oor.
Maak die slaai deur die avo, tamatie, asyn, sout en peper te meng. Sit voor