Tuesday 15 May 2018

Sjokoladekoek



Sjokoladekoek
Voorverhit die oond tot 180° C. Sif saam twee keer: 360g koekmeelblom, 200ml kakao, 5ml sout en 7ml koeksoda. Voeg by 375ml strooisuiker. Meng 375ml water, 5ml vanieljegeursel en 275ml mayonaise. Voeg stadig by die droë mengsel. Meng goed, maar nie te veel nie. Skep in twee 20-cm voorbereide koekpanne en bak 30 – 45 minute. Keer uit op draadrakkie en laat heeltemal afkoel.
Vulsel: Klits 250ml vars room en geur met 12,5ml strooisuiker en vanieljegeursel.
Smeer ’n lagie aarbeikonfyt oor een koeklaag, gevolg deur ’n lagie room. Plaas die ander koeklaag bo-op. Skep die res van die room bo-op en versier met heel vars aarbeie.