Tuesday 15 May 2018

Minisjokoladekolwyntjies



Minisjokoladekolwyntjies
ongeveer 48 kolwyntjies
Bestanddele
500 ml (2 k) koekmeel
500 ml (2 k) strooisuiker
5 ml (1 t) koeksoda
KNYPIE SOUT
125 g (¼ blok) botter
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) kakao
250 ml (1 k) water
3 eiers n 125 ml (½ k) gewone jogurt
VERSIERSEL
75 ml (5 e) botter
30 ml (2 e) kakao
625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje
387 g (1 blik) gekookte kondensmelk

Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Meng meel, suiker, koeksoda en sout.
2. Smelt botter, olie, kakao en water in mikrogolfoond. Laat effens afkoel.
3. Klits eiers en jogurt tot goed gemeng.
4. Voeg eiermengsel by afgekoelde kakaomengsel en roer by meelmengsel tot goed gemeng.
5. Skep deeg in kolwyntjiepannetjies wat gesmeer is of met kossproei gespuit is en bak vir 10 min. of tot toetspen skoon uitkom.
6. Laat bietjie in pannetjie afkoel en keer uit om heeltemal af te koel.
7. Versiersel: Room botter en kakao tot donserig. Klits versiersuiker bietjies-bietjies by. Voeg vanielje by.
8. Spuit versiersuiker met versierbuis met sterpunt op kolwyntjies. Rond met bietjie gekookte kondensmelk af.
(Vrouekeur)