Tuesday, 15 May 2018

Kersiekoek



Kersiekoek
Verhitoond tot 190° C.Bespuit twee panne metdeursnit 17,5cm envoeruit metwaspapier.
Plaas 170g sagtemargarien en 170g strooisuiker in mengbak en klop goed tot romerig.
Voeg 3 groot eiers by en klop goed.
Sif 170g bruismeel en 5ml bakpoeier in en vou in.
Verdeel tussen 2 koekpanne en maak gelyk bo.
Bak 25 – 30 minute tot gaar.
Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Versiersel:
Meng 60g sagte botter met 110g gesifte versiersuiker. Ontpit 60g vars kersies, kap fyn en voeg by versiersuiker. Smeer tussen die lae.
Bolaag:
Plaas 170g strooisuiker, 1 eierwit, 15ml warm water en bie-tjie kremetart in mengbak en verhit liggies in die mikrogolf. Klop tot die mengsel dik is. Laat afkoel en smeer bo en aan kante van koek en laat stol. Druk 300g ontpitte kersies bo en op kante van die koek en laat stol.

No comments:

Post a Comment