Tuesday 29 May 2018

gevriesde joghurt-“kolwyntjie”



Kolwyntjies

Bestanddele...
½ koppie (125 ml) Turkse appelkose
¼ koppie (± 65 ml) kasjoeneute
2 eetlepels (30 ml) fyn klapper

1 teelepel (5 ml) water
1 koppie (250 ml) ongegeurde volroom joghurt
¼ koppie (± 65 ml) heuning
¼ koppie (± 65 ml) klapperskaafsels

Metode
Plaas die appelkose, neute en klapper in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg die water by en verwerk tot die mengsel effens bymekaar kom.

Spuit ‘n 6-holte muffinpannetjie met kleefwerende sproei. Skep 2 eetlepels (30 ml) van die mengsel in elke holte en druk stewig vas met die agterkant van die lepel.

Verhit die joghurt en heuning liggies oor matige hitte en roer tot die heuning gesmelt is. Verwyder van die hitte en laat eenkant afkoel.

Verhit ‘n braaipan en rooster die klapperskaafsels tot goudbruin en hou eenkant.

Vul die holtes met die joghurt mengsel en rangskik die klapperskaafsels bo-op elke joghurt-“kolwyntjie”.

Plaas oornag in die vrieskas (of vir minstens 2 ure) en bedien as ‘n gevriesde joghurt-“kolwyntjie” vir ontbyt.