Wednesday 9 May 2018

GESTOOFDE VRUGTE MET VANIELJE EN KANEELROOM



GESTOOFDE VRUGTE MET VANIELJE EN KANEELROOM
GENOEG VIR 4
BESTANDDELE
5 ml fyn steranys
10 ml naeltjies
500 g droëvrugte (soos perskes, pruime, pere, piesangs, appelkose, appels en mango)
5 ml fyn kaneel
1 vanieljepeul, oopgesny
1 liter varsuitgedrukte lemoensap
250 g suiker
AANWYSINGS
1 Knoop die steranys en naeltjies in ’n moeseliendoekie toe.
2 Plaas al die bestanddele (behalwe piesangs, as jy gebruik) in ’n kastrol en laat prut liggies tot die vrugte sag is.
3 As jy piesangs gebruik, voeg dit by ’n paar minute voor jy die kastrol van die stoof afhaal.
4 Haal die moeseliensakkie uit. As jy die vrugte nie dadelik gaan voorsit nie, skep dit in ’n gesteriliseerde fles, laat afkoel en hou in die yskas.
Vanielje-en-kaneelroom
Meng 125 ml styfgeklopte room, 15 ml strooisuiker, ’n knippie fyn kaneel en die saadjies van ’n halwe vanieljepeul* saam. Sit voor saam met die vrugte. (*Jy kan ook ’n paar druppels vanielje-ekstrak of 2,5 ml vanielje-geursel gebruik.)
(Jackie Cameron Rapport)