Wednesday 9 May 2018

DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN



DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN
500g fyngesnyde dadels
2 kp kookwater
2 teel. Koeksoda
1 ½ kp suiker
2 eetl botter
2 eiers geklits
2 k bruismeel
Knipie sout
Metode:
Los die koeksoda in die kookwater op en gooi oor die gesnyde dadels. Hou eenkant.
Room die botter en suiker en voeg die geklitste eiers by. Meng goed
Sif die droe bestandele saam en voeg by die eiermengsel
Voeg die dadels by en meng baie goed. Gooi in ‘n voorbereide oondpan en bak by 180°C vir 1 uur. Sny die poeding in blokkies en gooi die volgende stroop oor.
SOUS
2 ½ kp suiker
1 ½ kp water
2 teel vanilla
2 eetl botter
½ kp brandewyn
Kook alles behalwe die brandewyn saam, voeg die brandewyn by en gooi die warm stroop oor die poeding. Bedien saam met vla of roomys.