Tuesday 29 May 2018

BOERIE LASAGNA



BOERIE LASAGNA
BENODIG:
1 pak macaroni
1 ui fyn opgekap
1 soetrissie opgekap
1 blik opgekapte italiaanse tamaties
2 knoffel huisies fyn gedruk
1 tl italiaanse gemengde kruie
1 tl paprika
Sout en vars gemaalde swart peper na smaak
500 g rou boerewors van jou keuse, velletjie verwyder en opgebreek met jou vingers
1eetl olie
Gerasperde cheddar kaas

MAAK SO:
Kook die macaroni in sout water volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en hou eenkant. Braai die ui, soetrissie en knoffel in die olie tot sag en effe verbruin. Voeg die boerewors by en braai tot bruin en gaar. Gooi die blik tamaties en kruie by en geur met sout en peper. Kook tot die sous verdik.
Maak n witsous van die volgende:
1 eetl botter
2 eetl meel
1 k melk
Sout en peper na smaak
Skep helfde van fie macaroni in n gesmeerde oondvaste bak.
Skep die vleis sous op die macaroni en skep die res van die macaroni op die vleis.
Giet die witsous oor en sprinkel die kaas bo-op.
Bak op 180 C vir 25-30 min.