Thursday, 26 April 2018

Vinnige ertjiesop



Vinnige ertjiesop
Bestanddele
bietjie olie
½ ui, gekap
2 selderystingels, gekap
1 wortel, geskil en gerasper
750 ml (3 k) bevrore ertjies
750 ml (3 k) kookwater
1 groente-aftrekselblokkie
sout en peper na smaak
Metode
1.Verhit ’n bietjie olie en soteer ui tot sag. Voeg seldery en wortels by en soteer vyf minute.
2.Voeg ertjies by en soteer drie minute.
3.Voeg kookwater en groente-aftrekselblokkie by.
4.Laat kook vir 25 minute oor matige hitte. Laat bietjie afkoel en verpulp met handmenger.
5.Voeg nog water, melk of room by indien dunner sop verkies word.
6.Geur na smaak met sout en peper.
7.Sit saam met skeppie room en vars ertjiepeule voor.

No comments:

Post a Comment