Friday 13 April 2018

Tunakoekies



Tunakoekies
4 porsies
2 groot aartappels, geskil en in bloke gesny
4 grasuie, fyngekap
½ rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
½ lemmetjie se skil, fyngerasper
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) sout
swartpeper na smaak
1 eiergeel
3 40 g (2 x 170 g-blikke) tuna in water, gedreineer
OM IN TE ROL
125 ml (½ k) koekmeel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) droë broodkrummels
klont botter
ongeveer 250 ml (1 k) olie
Metode
1.Kook aartappels tot sag. Dreineer en maak fyner met vurk tot glad en sonder klonte. Moenie enige vloeistof byvoeg nie, anders gaan viskoekies te pap wees.
2.Meng oorblywende bestanddele, verdeel in vier dele, druk goed bymekaar en vorm ronde koekies.
3.Om in te rol Rol viskoekies in koekmeel, dan in geklitste eier en dan in droë broodkrummels.
4.Verhit botter en genoeg olie om viskoekies halfpad te bedek. Braai albei kante tot goudbruin.
5.Sit saam met slaai voor vir ’n vullende ete
(Vrouekeur)