Friday 13 April 2018

PERI PERI HOENDER



PERI PERI HOENDER
JY HET NODIG VIR 4 - 6 MENSE:
12 tot 16 hoenderdye en/of -boudjies
sout en peper
hoenderspeserye
VIR DIE SOUS:
3 uie, gekerf
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
10ml paprika
5ml cayennepeper (rooipeper)
5ml peri-peri-speserye
10ml droë pietersielie
3ml knoffelvlokkies
5ml sout
10ml tabascosous
10ml sojasous
125ml tamatiesous
125ml blatjang
125ml soetrissiesous
60ml wit asyn
60ml sonneblomolie
BY DIE HUIS:
Berei die hoender en gooi sout, peper en hoenderspeserye na smaak oor.
Pak in ’n marinadebak. Meng al die sousbestanddele en gooi dit oor die hoender.
Roer deur en vries dit tot benodig.
IN DIE BOS:
Laat ontdooi die vleis betyds by die kampplek.
Gooi in ’n swartboompot en kook oor matige hitte tot die hoender gaar is (sowat 60 tot 90 minute).
Sit voor saam met rys of koring.
WENK:
Dit kan ook tuis vir sowat 90 minute in ’n oondskottel gebak word.
Dis nie nodig om die vleis te marineer nie.
Roer een maal om en haal die deksel die laaste 10 minute af om mooi kleur te kry.
Bron: wegry.co.za