Thursday 26 April 2018

LEMOENSTROOP



LEMOENSTROOP
9 k water
2,5 kg wit suiker (12,5k)
gerasperde skil van 8 lemoene...
sap van 16 lemoene
2 pakkies sitroensuur

1 pakkie wynsteensuur
1 pakkie Engelse sout
Steriliseer bottels. Verhit water, suiker en gerasperde skil in ‘n swaarboomkastgrol oor lae hitte. Roer deurentyd tot al die suiker opgelos is.
Verhit die stroop vinnig tot kookpunt en haal dadelik van die stoof af. Meng die lemoensap, sitroen- en wynsteensuur en Engelse sout in ‘n groot hittebestande houer/kastrol. Giet die warm stroop by die sapmengsel en roer baie goed deur.
Syg deur fyn sif en laat die stroop goed afkoel.
Vul die bottels en verseël.
Hou in die yskas tot benodig vir 3 maande.
Maak aan met yswater of sodawater.