Friday 20 April 2018

GESTOLDE KOFFIE POEDING



GESTOLDE KOFFIE POEDING
4 eiergele
80 ml suiker
Knippie sout
250 ml kookwater
20 ml kitskoffie
2 tl gelatien,gespons in bietjie koue water en gesmelt
200 ml room styf geklits
Bolaag:
Styfgeklopte room
Gerasperde sjokolade
Los die koffie in die kookwater op.
Klits die eiergele,suiker en sout saam.
Klits die koffie geleidelik by.
Plaas die koffie en eier mengsel in n dubbel kastrol oor kookwater en kook terwyl voortdurend geroer word tot die mengsel verdik.
Meng die gelatien by.
Laat halfpad afkoel.
Klits die room styf en vou in die koffie mengsel.
Giet in glase.
Plaas in die yskas om te stol.
Spuit of skep die geklopte room bo-op en versier met gerasperde sjokolade.
(Yummy Cuppyz)